Welkom alle oud Sippers !!
Hier by Sips het ons `n hele paar idees om jou fotografie loopbaan te verbeter en jou te inspireer om aan te hou foto's neem.
Vir alle oud studente hou ons een keer elke tweede maande `n foto klubaand. Ons wil graag al ons oud studente betrek en aan jou die geleentheid gee om met jou foto`s te spog!
Jy sal die geleentheid kry om u mede fotograwe se foto`s te ontleed en jou lmees onlangste pogings te laar Krit deur ander fotograwe. Dit gaan sommer `n lekker informele aand wees waar ons gesellig kan saam kuier. Al ons lede/oud studente kan ook/ moet ook bydra en aanbied om n geleentheid of dan net die perseel ens aan te bied of te reel, waar ons bymekaar kan kom. Ook wil ons dit interressant maak en nie net n vervelige fotoaand met net kritiek reel nie, maar dit met n tema doen, bv. n oud sipper/wynkenner kan n wynproe een aand saam met die foto krit hou of ons ontmoet op n seiljad, doen sononderfotos en krit en kuier daar. Daar sal geen koste verbonde wees om aan hierdie klub te behoort nie, maar lede sal moet aanbied om te help reel. Ons hier by Sips sal die relings en gereelde nuusbriewe uitstuur maar slegs met e-pos.
Indien jy belangstel om aan te sluit moet jy ons per e-pos by bestsips@iafrica.com laat weet.
Ons beplan om die fotoklub elke eerste Dinsdag van elke tweede maand te hou.
Sips is hierdie jaar 10 jaar oud! Ons dekade afsluiting vind by Mojo by Spier plaas die 15de November 2006. Laat ook weet indien jy en n metgesel hierdie deftige geleentheid graag wil bywoon.
Sips het ook `n lys Werkswinkels wat jy deur die jaar kan bywoon.
-Aksie ski foto kursus (op sneeu) in Lesotho: Julie en Desember in Italie.
-Skuba kursusse word elke 3 maande by ons gedoen en die onderwater foto toer na Tailand is Julie 2007
-Photoshop vir beginners en gevorderd
-`n Gevorderde Afstand onderrig Fotografie kursus sal ook van die einde van November 06 beskikbaar wees vir diegene wat graag wil opvolg op hulle eerste Afstand onderrig foto kursus..
Ons probeer om ons webwerf op `n gereelde basis op datum te bring . Die beste nuusbriewe van ons studente sal ook daarop verskyn. Indien jy uit jou eie n bydrae wil maak, is jy welkom.
Ons hoop om gou van jou te hoor en laat weet ook indien jy van ander oud studente weet.
Groete
Charl Best