Hoe om ‘n model portfolio saam te stel

 deur Carla Malherbe

 

 

Om as ‘n model te begin sal die eerste en belangrikste ding wees om ‘n goeie portfolio saam te stel, wat jy as model vir potensiële kliënte kan wys. 

‘n Portfolio bestaan uit ‘n verskeidenheid foto’s wat jou “look” illustreer.

 

Om Foto’s te kry:

Probeer om soveel as moontlik verskillende “looks” in jou portfolio te sit om ‘n verskeidenheid te bied.

Dis ook belangrik om jou portfolio op datum te hou en op hoogte te wees van die nuutste modes en hoe jy daarin lyk.

 Dit sal ook wys wees om ‘n grimeer kunstenaar te besoek wat vir jou kan wys hoe om jou grimering te doen vir wanneer  daar nie ‘n grimeer kunstenaar is nie.

Dis dan ook ‘n goeie tyd om ‘n fotograaf op te spoor om vir jou test shoots te doen. Jy sal die fotograaf heel moontlik moet betaal vir die werk so kyk eers na die fotograaf se werk voor jy hom huur.

  

Raad vir modelle

 

Vir jou test shoot is dit die beste om fotograwe te gebruik wat redelik nuut is in die bedryf, want van hulle is baie talentvol en sal bly wees om jou, as model, se foto’s te neem om hul eie portfolio’s op te bou en hulle is redelik goedkoop. Soms hoef jy nie te betaal nie dan neem hy verniet vir jou foto’s en jy kry van die prints verniet, so help julle mekaar.

Enige ondervinding wat jy voor die kamera kan opdoen sal goed wees, dis ook ‘n goeie kans wat jy kry om te eksperimenteer met grimeering, verskillende gesigs uitdrukkings en verskillende poses.

 Maar soos baie dinge in die lewe, kry jy waarvoor jy betaal, dus as jy ernstig is oor modelwerk kry eerder ‘n professionele fotograaf om jou foto’s te neem vir jou portfolio. Soms kan jou agentskap ook iemand aan beveel wat hulle goed uitgekyk het.

Dis altyd goed om voor die shoot die plan van aksie met die fotograaf te bespreek sodat alles op die shoot vinnig en volgens plan kan verloop, want die fotograaf kan vir jou goeie raad gee, soos om ‘n professionele grimeer kunstenaar en haarstilleerder in te kry, al die faktore sal ‘n rol speel in die eind produk.

Bespreek ook die tipe foto’s wat jy wil hê met die fotograaf dat hy solank aan idee’s kan dink wat sal werk..

 

Modelagentskappe

Wat is dit? Wat doen hulle?

Agentskappe verskil van mark tot mark en nie een agentskap werk dieselfde nie. Een ding om voor uit te kyk as jy ‘n agentskap soek is om te pasop vir scam agentskappe wat net jou geld steel.

‘n Modelagentskappe se belangrikste taak is om vir jou as model werk te soek.

As die model se agent moet hulle onderhandel en soek vir geleenthede en kontrakte vir indiensneming.

Meeste agente vat tussen 10% en 33% kommissie as hulle vir jou werk kry.

In sekere lande moet agentskappe gelisensieer word deur die staat, wat help om scam agentskappe te voorkom.

 

Hoe om ‘n modelagentskap te kry

 

Baie kan op die internet gekry word, maar kyk dinge eers goed uit voor jy iets teken.

Praat met ander modelle, en hou koerante dop vir advertensie of bekende modelle wie se agentskappe genoem word.

 Oor jou kontrak

 Daar is drie basiese kontrakte:

-Jy betaal kommissie aan die agentskap of hulle die werk gekry het of jy

-Jy betaal kommissie aan die agentskap net as hulle die werk gekry het, jy is ook vry om ander kontrakte met ander agentskappe te teken.

-Model Agency Agreement

  Wanneer daar nie genoeg werk in omgewing is nie gaan agentskap ‘n kontrak aan met ‘n groter agentskap wat dan vir die model werk kry.

 

Hoe om werk te kry as model

 

As jy ‘n agent het en ‘n volledige portfolio is dit tyd om werk te soek.

Agente stuur jou na shoots toe maar dit hang van jou af of jy instaat sal wees om die werk reg te kan doen.. As model moet jy probeer om jou eie motor te hê waarmee jy by shoots kan kom en om nie geïntemideerd te voel deur ander modelle nie omdat jy soms saam met ander gaan moet werk..

Dit kan maande, soms jare vat voor jy vir jouself naam gemaak het en begin geld maak.

Verwerping is ook deel van die modewêreld, so probeer en leer om dit positief te verwerk.

Wag vir die regte werk om na jou kant toe te kom en moenie mense druk vir die werk nie anders gaan hulle jou nie huur nie.

 

Dus vir modelle wat begin sal dit wys wees om met ‘n agentskap te begin om vir jouself ‘n naam op te bou en dan kan jy daarna ‘n vryskut model word en vir jouself begin werk soek. As vryskut model soek jy vir jouself werk en teken jy minder eksklusiewe kontrakte met agentskappe. In albei gevalle moet jy werk met ‘n besigheidsplan en moet jy ‘n zet kaart hê en ‘n portfolio. Vir albei het jy foto’s nodig en verkry jy dit deur test shoots.

 

As jy ‘n paar foto’s het kan jy begin om jou zet kaart saam te stel, ‘n zet kaart is ‘n blad wat bestaan uit ‘n head shot voor op en agter op ander foto’s wat jou verskillende “looks” illustreer en jou nodige inligting oor jou voorkoms bevat.

Dis jou eenvoudigste bemarkings tool, jy gee die kaart vir fotograwe en potensiële kliënte.

Dit gee hulle iets om in hulle leêrs te sit en kan hulle daarna verwys as hulle na ‘n spesifieke “look” soek. Dis jou “sales-brocure” en besigheidskaart en sonder hom sal jy nie ver kom nie. Om ‘n goeie zet kaart saam te stel kos geld maar dis die pry swat jy betaal om in die besigheid te wees.

 

Portfolio

 

Dis jou tweede bemarkings tool. As iemand eers belangstelling in jou getoon het sal hulle defnitief meer foto’s van jou wil sien. Dus moet jou portfolio uit ‘n verskeidenheid foto’s bestaan wat jou “look” wys en van jou vorige werk (bv. tydskrif werk)

 Hoeveel foto’s moet ‘n portfolio bevat?

Genoeg om te wys waarvoor jy staan, maar nie te veel dat jy die persoon verveel nie. Dis tricky en vat baie evaluasie om die regte balans te kry.

 Watter foto’s moet ‘n portfolio bevat?

Belangrikste ‘n duidelike kop foto. (good, clean head shot)

Die foto moet jou fisiese voorkoms en persoonlikheid deurgee.

Dit gee die fotograaf ‘n duidelike idee van jou “look”. Dan ‘n paar vol lengte foto’s wat jou figuur wys. Die res van die portfolio kan gevul word met WOW-shots. Nes ‘n advertensie (dis wat ‘n portfolio is) moet jy die kliënt oortuig om jou te gebruik.

Foto’s vir ‘n portfolio moet verkieslik nie net deur een fotograaf gedoen word nie omdat elke fotograaf sy eie styl ontwikkel en hy sal jou slegs op die een manier sien. Jou portfolio moet wys hoe verskillende fotograwe jou sien en hoe hulle jou “look” capture.

 

Persoonlike Voorkoms

Dis jou finale bemarking tool. Jy word meestal ge evalueer op jou fisiese en professionele voorkoms en jou werksverhoudinge. Dus moet jy te alle tye op jou beste lyk en professioneel optree.

As jy jouself bemark, hoe weet jy wie gebruik modelle

Begin by die professionele mense wat modelle gebruik, naamlik fotograwe, advertensie agentskappe, grafiese ontwerp firma’s en casting besighede. Meeste kan gevind word in die geel bladsye, besighede in die omgewing, bel en deur by plekke intestap om te sien/hoor of hulle modelle gebruik. Wees voorbereid opverwerping want jy gaan nie met die eerste probeerslag reg kom nie.

As model moet jy mark navorsing doen om te sien of daar werk is vir jou as model in ‘n spesifieke omgewing.

 Wat dit vat om ‘n professionele model te wees

Vroeër jare was daar baie eise daaraan verbonde om ‘n model te word maar dinge het oor die jare baie verander, net soos die “look” vir elke jaar verander. By kommersiële modelagentskappe verskil die grootte, tipe “look” en ouderdom baie van mekaar. Dus as jy jou “look” kan afwissel kry jy ook meer en makliker werk as wanneer jy net een “look” het.

 Dit kom dus neer op 3 dinge:

-Om die “look” te hê wat die kliënt soek vir die projek waaraan hy werk

-Maak dit so maklik as moontlik vir die direkteur en fotograaf dat hulle saam met jou wil werk

-Maak seker die kliënt, fotograaf en direkteur weet van jou bestaan en dat jy bereid is om te werk..

 Om die regte “look” te hê sal meestal afhang van jou fisiese voorkoms en jou talent.

Die tweede en derde punt is waar dit inkom om ‘n professionele model te wees, om te weet wat jy wil doen en hoe om jouself te bemark.

 By ‘n foto-shoot

Belangrikste om te onthou is dat die fotograaf vir meeste van die shoot verantwoordelik is, so probeer om dit so maklik moontlik vir die fotograaf te maak. Dis hoekom hulle betaal vir professionele mense en nie mense van die straat af vat nie, want dan kan die shoot vinniger en volgens plan verloop, want ‘n model weet wat sy moet doen.

 

Voor die shoot

Kry genoeg slaap in want as jy moeg is gaan dit op die foto’s wys en in jou houding.

As jy props of iets moet saam vat, pak dit die vorige dag dat jy seker kan wees jy onthou alles.

Daar sal ook voor die tyd met jou gereël word of jy jouself moet grimeer en of daar ‘n grimeer kunstenaar sal wees.

 

By die shoot

Wees altyd betyds, want as hulle vir jou moet wag gaan hulle jou heel moontlik nie weer gebruik nie.

As jy daar aan kom sal die fotograaf heel moontlik vir jou die plan van aksie verduidelik en sê wat hy van jou as model verwag. Daarna sal die shoot begin. Dis vir baie modelle ook ‘n uitdaging om ontspanne te bly, want vir die eerste ruk is dit iets nuuts en jy’s nie gewoont almal kyk vir jou nie, maar dis belangrik om rustig te bly anders gaan dit op die foto wys jy is gespanne.

 

Na die shoot

Moenie dadelik net verdwyn nie, bly ‘n rukkie na die tyd en praat met die fotograaf, vra hom vrae oor hoe jy kan verbeter en as die ander dalk al weg is vra of hy jou nie in ‘n volgende projek wil gebruik nie en of hy nie weet van iemand wat jou dalk sal wil gebruik nie.

 

Die mode bedryf is moeilik om intekom maar as jy eers vir jouself naam gemaak het sal jy goed doen, onthou net altyd dit wat jy doen, jy bou jou eie repitasie op.

Carla was n heeltydse student gedurende 2005