Macro photography
Cecile Basson

Tipe kamera:
'n 35mm SLR kamera sal die beste wees om te gebruik as jy macro fotografie doen.
Jy sal dan in die viewfinder kan sien wat die film sien. As jy baie geld het kan jy 'n 6x6 SLR kamera kry soos die Rollei 6008.
Dis min of meer dieselfde idee as die 35mm SLR kamera. As jy baie geduld het kan jy macro fotografie doen met 'n 4x5 inch view kamera.
As digitaal gebruik word in macro fotografie, het jy SLR kameras nodig wat lense kan verander, soos die, Canon D30, Fuji S1, Nikon D1 en die verskeie Kodak proffessionele kameras. Een ding was nice is van hierdie kameras is, dat hul klein CCD’s die image effektief vergroot deur enige macro lens wat jy aangeskaf het.
Om dit als met ‘n 50mm normale lens te doen:
In die ou dae het ‘n SLR kamera uitgekom met ‘n 50mm “normale” lens. Hierdie lense is geweldig lig en het ‘n hoë kwaliteit, baie mense wat lense aankoop het dikwels hierdie lense gelos vir swaar, breekbare, lae kwaliteit zoom lense.
Goeie punte van close-up lense:
·
Hul verlang nie
enige exposure korreksies nie.
·
Jy kan ‘n paar in
jou sak gooi vir ingeval jy hul nodig het
Swak punte van close-up lense:
· Hul is nie hoë kwaliteit nie, maar kan goed genoeg wees as jy afstop tot f/16 en as jy ‘n two-element close-up lens kan kry bv. ‘n Nikon, in plaas van die goedkoper one-element lense.
· Jy moet hul konstant aan en op sit as jy fotos wil neem van voorwerpe wat verskillende afstande is.
Macro zoom lense:
Macro zoom lense is nie macro lense nie. Hul vergroot nie meer as die 50mm normale lens nie en dit lewer lae kwaliteit.
Macro lense:
Dis moeilik om ‘n swak macro lens te koop. Met macro lense sal jy skerp fotos kry by alle fokusbare afstande.
Exposure
Jy moet altyd die f-stop ingedagte hou wanneer jy macro werk doen. Al gebruik jy die SLR se ingeboude ligmeter, kan jy nie jou brein afskakel nie – omdat die effektiewe aperture affekteer die foto se kwaliteit.
‘n Vinnige en rowwe beligtings tegniek is om ‘n through-the-lens metered flash met ‘n dedicated extension koord te gebruik. ‘n Moderne hand flash se lig is te skerp wanneer jy dit ‘n paar sentimeter weg hou van ‘n macro onderwerp af. Dit maak dat jy afstop tot f/16 en kleiner vir goeie diepte van veld. Jy kan die flash net aan die eenkant van die onderwerp hou en ‘n wit papier aan die anderkant wat as ‘n reflektor kan dien. Laat die kamera die flash afsit as genoeg lig die film bereik het.
Fokus
Kamera positionering en fokus begin baie moeilik raak by ‘n diepte van veld wat om en by een millimeter is vir presiese macro werk. As jy ‘n goeie driepoot het, sal jy vind dat jy omtrent 10 verskillende verstellings het wat jy moet maak. Elke een van die verstellings sal die kamera skuif. Nie een van dit sal die kamera langs die as skyf wat jy oor omgee nie.
Dis hoekom mense macro fokus rele koop. Dit is klein rak en pennetjies wat instaat is om die hele kamera/lens vorentoe en agtertoe te kan laat beweeg. Jy gebuik net die driepoot om die kamera/lens rofweg te positioneer en dan sal die macro reel self al die fyn positionering doen.
Macro verlengings pypies en lense:
Verlengings pypies skuif die lens uit, weg van die kamera se body. Dit laat die kamera toe om baie naby te kan fokus om fotos van klein voorwerpe te neem. Macro lense buig die ligstrale om te vergroot en te fokus deur ‘n ander lens by te sit, eerder voor die hoof lens of agter die hoof lens.
Die diepte van veld in macro fotografie is baie klein.
Daar is drie maniere om close-ups te kry. Jy kan net gewoonweg in zoom met jou telephoto lens en die voorwerp isoleer. As jy ‘n voorwerp van baie naby wil afneem het jy die volgende nodig:
Ø
Jy sal ‘n verlening
moet aansit, eerder tussen die kamera en die lens, of nog ‘n lens aan die
bestaande lens van die kamera moet by las, of ‘n kombinasie van albei kan
gebruik word. Enige lens wat jy besit sal nader fokus as jy spasie tussen die
lens en jou kamera maak. Dit kan op verskeie maniere gedoen word:
Ø
Macro lense het
ingeboude verlengings wat jou sal toe laat om close-ups te neem tot lewensgroot
sonder enige ander bykomstighede. Hierdie lense is duurder as normale lense.
Ø
Bellows is
uitstekend en kan gebruik word by baie lense, maar dis baie duur en nie baie
maklik om te gebruik nie.
Ø
Baie professionele
en advanced amateurs gebruik ‘n reversing ring om ‘n lens agterste voorom aan
die kamer te las. Dit vergroting neem toe deur die optiese pad te verander. ‘n
Variasie is om die reversing ring te gebruik om ‘n ander kleiner lens te las aan
die bestaande lens. Die resultate is uitstekend.
Ø
‘n Ander tegniek is
om close-up lense by te voeg. Hierdie lense is nogal goedkoop en kan aan die
voorkant van jou gewone lens gelas word vir close-up werk. Hierdie metode word
baie selde gebruik,omdat die resultate gewoontlik swak is.
Vergroting en effektiewe f/waarde:
Die bellows verleng die focal length effektief agter die lens, terwyl die afstand van die lens na die voorwerp drasties afneem. Die voorwerp wat af geneem raak, is slegs ‘n paar sentimeter voor die lens. Die bellows of verlengings ringe can meer as 10cm by jou focal length las.
‘n Verandering in die vergroting sal die f/waarde ook laat verander, want die focal length word effektief korter terwyl die lens aperture dieselfde is. Die faktor waardeer die f/waarde verander is M+1, waar M die vergroting is. As jy jou lens op f/8 sit en jy ‘n vergroting van 3 gebruik, sal jy f/32 kry. So ‘n vergroting van 3 las 4 stops by die lens aperture.2
Wanneer jy fotos neem van voorwerpe wat baie naby aan die lens is, sal die geringste variasies in diepte ‘n groot effek hê om die voorwerp te fokus op die film, omdat die voorwerp se afstand na die lens is dan baie korter as die image se afstand na die lens. So die geringste variasies van die voorwerp se afstand, gee groot variasies in die image se afstand. (Gewoontlik is dit anders om) Jy moet die lens dan op ‘n hoë f/waarde stel soos, f/16 of selfs hoër om ‘n groot diepte van veld te hê.
Cecile was n heeltydse student by Sips gedurende 2005.